Добавить
Уведомления

Rugby: Jake het 'n plan met die Bulls se fokus!

Jake White draai nie doekies om nie. In sy perskonferensie Vrydagoggend voor die wedstryd teen die Lions, het hy onomwonde gesê dat die Bokke se rusperiodes aangepas sal moet word om vir elke indiwidu voorsiening te maak. Ter stawing het hy die voorbeeld van Canan Moodie gebruik - hy was in die laaste 12 maande by slegs 15 wedstryde betrokke, beide in die beginspanne of van die bank af. Dis hopeloos te min rugby vir so 'n jong speler, en Jake voel baie sterk daaroor dat dit aangespreek moet word. Jake het ook erken dat die Bulls laasweek in die laaste 20 minute fokus verloor het, en hy het uitgebrei op sy planne om dit hok te slaan. Luister hier na wat die manne te sê gehad het. Ons stroom RadioRugby se Afrikaanse kommentaar op hierdie lekker wedstryd hier op ons kanaal vanaf 14:55. Jou kommentators gaan Johan Pretorius en Simon Riekert wees. Rugby: Jake het 'n plan met die Bulls se fokus!

12+
16 просмотров
2 года назад

, чтобы оставлять комментарии